Drie vermeende gewapende rowers en ‘n gemeenskaplid is dood in ‘n skietgeveg in Lenasië, suidwes van Johannesburg.
‘n Vierde verdagte wat in ‘n wegkommotor gewag het, is ook deur die lede van die gemeenskap aangerand en is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Kaptein Mavela Masondo van die Gautengse polisie sê dit het gevolg nadat die vermeende rowers twee huiswerkers by die huis oorval, vasgebind en in ‘n buitetoilet toegesluit het.
Die gemeenskapslede het onmiddellik gereageer nadat die broer van die eienaar in die skouer geskiet is toe hulle by die huis opgedaag het.
The post 3 ROWERS DOOD IN SKIETGEVEG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.