‘n Geëerde en geliefde in Afrikaanse letterkunde en navorsing en vriend van die Radio Rosestad, Otto Liebenberg is Vrydagaand heengegaan het.
Liebenberg, voormalige Kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, NALN in Bloemfontein, het `n vinnige stryd teen kanker op 66-jarige ouderdom verloor.
Otto het gereeld op Radio Rosestad bydraes gelewer met sy rubriek, Note met Stories.
Otto was in die laat vyftiger jare hoofseun op Jacobsdal Hoërskool.
Hy het ook `n Meestersgraad in Geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.
Wyle Otto het die pos van kurator in die jare tagtig by die destydse Professor P.J.Nienaber by NALN oorgeneem.
Hy het by NALNdie letterkundige instansie uitgetree in Augustus verlede jaar.
Otto word oorleef deur sy vrou, Danilla, en drie dogters Lilian, Maggy en Danilde.
Geen begrafnisbesonderhede is nog aangekondig nie.
The post NALN se Otto Liebenberg oorlede appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.