Twee broers wat die 68-jarige Jan Minnaar by ‘n vulstasie buite Rustenburg in Noordwes aangerand het, gaan nou van poging tot moord aangekla word.
Die 32-jarige Gys Coetzee en 29-jarige Martin Coetzee, wat hulself vroeër die week aan die polisie oorgegee het, het reeds in die Rustenburg-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die saak is tot 29 September uitgestel.
Minnaar het ernstige gesigsbeserings opgedoen in die aanval op 9 September.
The post BEJAARDE AANGERAND BY VULSTASIE: 2 BROERS IN HOF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.