Die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand sê in ‘n verklaring die universiteit is gesluit omdat hulle nie die gevaar wil loop van verdere beserings van studente, personeel en veiligheidsamptenare nie.
Dit sal weer oopgestel word wanneer die veiligheid van almal en universiteitseiendom gewaarborg kan word.
Die universiteit het ook gewaarsku dat koshuise moontlik gesluit sal moet word indien die toestand nie verbeter nie.
Akademiese personeel van Wits en die Universiteit van Johannesburg het intussen gevra vir ‘n dringende openbare vergadering in die stad vandag om die krisisse by hoër onderriginstellings te bespreek.
‘n Beroep is op ouers, lektore, studente en werkers gedoen om dit by te woon.
The post “WITS GESLUIT TOT VEILIGHEID VAN ALMAL KAN GEWAARBORG WORD” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.