Die Openbare Beskermer Adv. Thuli Madonsela dagvaar die kabinet vir inligting wat verband hou met haar ondersoek na beweerde staatskaping.
Netwerk24 berig die tydperk waarop gefokus word is November 2015 tot April 2016.
Volgens Jeff Radebe, minister in die presidensie, soek Madonsela verklarings deur ministers en die notule van kabinetsvergaderings oor die aanwysing van waarnemende ministers in die plek van ministers wat oorsee was.
Die kabinet het ingestem om die verklarings aan die OB te verskaf, maar omdat die kwessies nie voor die kabinet gedien het nie is daar glo nie notules beskikbaar nie.
The post OB DAGVAAR KABINET VIR INLIGTING OOR STAATSKAPING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.