Die Vrystaat-Cheetahs is ná ses wedstryde steeds die enigste onoorwonne span in die kompetisie nadat hulle gisteraand die Goue Leeus in Bloemfontein met 37-29 geklop het.
Die Leeus het rustyd met 26-15 voorgeloop.
Die Vrystaters, wat nou verseker is van ‘n plek in die uitspeelronde, het vyf drieë gedruk teenoor die twee van die Leeus.
Die Leeus het nou drie van hul ses wedstryde verloor en is vyfde op die punteleer.
The post CHEETAHS KLOP DIE LEEUS IN BFN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.