‘n Vrou in haar laat twintigs is steeds in ‘n kritieke toestand in die Pelonomi-hospitaal na afloop van ‘n tweede ongeluk die afgelope ruk waarin ‘n voertuig van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag betrokke was.
Die swaardiens-voertuig het gister buite Bethlehem op die pad na Fouriesburg omgeslaan.
Na raming is tussen 30 en 40 mense in die ongeluk beseer.
Netwerk24 berig die ongeluk kom ná ’n ongeluk op 19 Augustus waarin ’n weermagbus teen ’n afgrond langs die R712 afgerol het.
Die bus met weermagvroue was op pad terug van Vrouedag-vieringe toe die bus op ‘n skerp draai oor ‘n afgrond gestort het.
Nege vroue is op slag dood en twee het later gesterf.
The post VROU KRITIEK, TALLE BESEER TOE SWAARDIENS-VOERTUIG OMSLAAN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.