Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

GAY-KWESSIE: ‘NG KERK SAL NIE GEDREIG WORD NIE’

$
0
0

Die NG Kerk het in ‘n prokureursbrief aan 11 lidmate wat dreig met regstappe oor die gay-kwessie dit duidelik gestel hy sal nie gedreig word deur prokureurs wat opdragte van lidmate uitvoer wat nie voldoen aan afdeling 23.3 van die kerkorde nie.

Netwerk24 berig volgens afdeling 23.3 mag lidmate, ampsdraers en predikante in diens van die kerk hulle nie wend tot ’n burgerlike hof as hulle ’n beswaar het oor ’n besluit van ’n kerkvergadering as hulle nie eers al die kerklike middels uitgeput het nie.

Gister was die spertyd wat die 11 lidmate gestel het vir die kerk om by die Departement van Binnelandse Sake aansoek te doen om huwelike tussen paartjies van dieselfde geslag te bekragtig.

Hans Oosthuizen, ’n prokureur wat namens die NG Kerk optree, sê die kerk het sy eie manier van dinge doen en dat die moderatuur eers gaan vergader.

Die 11 lidmate stel reeds hofstukke op om die saak verder te voer.

The post GAY-KWESSIE: ‘NG KERK SAL NIE GEDREIG WORD NIE’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!