Drie vroue is doodgeskiet in ‘n vermeende terreuraanval op ‘n polisiekantoor in die Keniaanse hawestad Mombasa.
Volgens die polisie wou die vroue, wat burkas gedra het, glo ‘n gesteelde selfoon aangee toe hulle ‘n petrolbom na polisiebeamptes gegooi en twee met messe gesteek het.
Niemand het nog aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie, maar die Islamitiese al-Sjabaabgroep het al talle aanvalle in Kenia uitgevoer.
The post 3 VROUE DOODGESKIET IN AANVAL OP POLISIEKANTOOR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.