Altesaam 702 renosters is sedert Januarie landwyd vir hul horings doodgemaak, maar volgens die minister van Omgewingsake, Edna Molewa, is dit byna ‘n honderd minder as wat verlede jaar gestroop is.
Sy sê in ‘n verklaring 414 vermeende stropers is in hegtenis geneem, waaronder 177 in die Krugerwildtuin.
Die ander 237 is onder meer in Vanderbijlpark, Grahamstad, Pretoria en by die OR Tambo Internasionale Lughawe by Kemptonpark gearresteer.
Molewa sê die Krugerwildtuin se suksesvolle pogings teen stropings het daartoe gelei dat sindikate hul operasies na ander provinsies skuif, en van Januarie tot Augustus het renosterstropery in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Noord-Kaap begin toeneem.
The post 702 RENOSTERS HIERDIE JAAR GESTROOP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.