Een van die bekendste deelnemers aan die Boer soek ‘n Vrou-televisiereeks Johan van Zyl, is Saterdag in ‘n motorongeluk oorlede.
![BOER VAN 'BOER SOEK 'N VROU' STERF IN MOTORONGELUK](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/JNJNJN-7-295x300.png)
Johan van Zyl. Foto: Netwerk24
Die 58-jarige Van Zyl het in 2011 aan die program deelgeneem en was een van die boere wat sedert die onstaan van die reeks die meeste briewe nog van vroue ontvang het.
Netwerk24 berig hy is aan sy beserings dood nadat hy op ‘n grondpad beheer oor sy bakkie verloor het.
Van Zyl was ’n suksesvolle boer in die Roedtan-distrik, sowat 50 km van Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo.
Hy het op groot skaal met sonneblomme, beeste en wild geboer.
The post BOER VAN ‘BOER SOEK ‘N VROU’ STERF IN MOTORONGELUK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.