Suid-Afrika is in die 16de plek op die medaljelys by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro nadat drie atlete van die Universiteit Stellenbosch gister ‘n goue-, silwer- en bronsmedalje gewen het om Suid-Afrika se totaal op vyf te staan te bring.
Charl du Toit het Suid-Afrika se derde gouemedalje gewen toe hy in die 100 meter in die eerste plek geëindig het.
Fanie van der Merwe was derde.
En in die 100 meter vir vroue was Ilse Hayes tweede oor die wenstreep vir ‘n silwermedalje.
The post PARALIMPIESE SPELE: SA IS 16DE OP MEDALJELYS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.