Die Suid-Afrikaanse rapper Jack Parow het op Instagram sy mond uitgespoel oor die swak organisering van die SABC se Thank You-konsert nadat hy dit nie kon regkry om in die Orlando-stadion op te tree nie.
Parow was een van die kunsteaars wat in aksie sou wees, maar het na ‘n uur se gewag om in te kom, die aftog geblaas.
Volgens Parow het niemand geweet wat aangaan met die organisering nie en dat dit duidelik is die konsert is op die nippertjie aanmekaar gesit.
Die SAUK se omstrede bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, het die konsert gereël om dankie te sê aan die SAUK wat diel beleid verander het sodat 90% plaaslike musiek op die openbare uitsaaier se stasies gespeel moet word.
The post JACK PAROW SPREEK UIT OOR ‘SWAK’ SAUK-KONSERT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.