
Die dodetal weens verwoestende oorstromings en grondstortings in die noorde en sentrale dele van Viëtnam, het tot 54 gestyg.
Reddingswerkers soek ook na 39 mense wat nog vermis word nadat swaar reën die week in verskeie provinsies geval het.
Dorpe, paaie, huise en landerye in verskeie provinsies is steeds onder water terwyl owerhede poog om paaie op te ruim om afgeleë gebiede in die noorde te bereik.
Duisende polisiebeamptes en soldate is ontplooi om met reddingspogings te help.
The post Viëtnam: 54 al dood weens grondstortings appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.