
Nog 23 voormalige Life Esidimeni-pasiënte wat na ongeregistreerde nieregeringorganisasies vervoer is, is die afgelope agt maande dood.
Dit bring die dodetal in die Life Esidimeni-tragedie op 141 te staan.
Die waarnemende hoof van Gauteng se Departement van Gesondheid, Ernest Kenoshi, het die syfer bekend gemaak tydens die arbitrasieproses in Parktown, Johannesburg.
Kenoshi sê meeste van die sterfgevalle is weens natuurlike oorsake terwyl die pasiënte behandeling ontvang het by staatsgeriewe.
The post Nog 23 voormalige Life Esidimeni-pasiënte is dood appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.