
Die struktuur van die Bloemfonteinse stadsaal hoef nie vervang te word nie
nadat dit deur werkers van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie, Samwu, in Junie vanjaar aan die brand gesteek is.
DA-raadslid Rossouw Botes het aan Netwerk24 gesê daar is deur ‘n ingeneur bevind dat die sterk sandsteenstrukture of -kolomme nie oorgebou hoef te word nie.
Een van die belangrikste punte is om die dak te herstel sodat verdere wind- en reënskade voorkom word.
Teëls vir die dak sal van die buiteland ingevoer moet word, maar plafonne kan moontlik plaaslik verkry word.
Botes sê is dit belangrik dat als deur die Erfenisraad goedgekeur moet word omdat die Bloemfonteinse stadsaal ’n verklaarde erfenisgebou is.
The post Bfn-stadsaal se struktuur hoef nie vervang te word nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.