
‘n Suid-Afrikaanse burger sal vandag in die landdroshof in Bellville naby
Kaapstad verskyn nadat hy gistermiddag in besit gevind is van twee tasse met R10 miljoen se kontant daarin.
Doeanebeamptes van die Kaapstadse Internasionale Lughawe het hom in hegtenis geneem weens sy versuim om die geld te verklaar.
‘n Woordvoerder vir die Valke, Lloyd Ramovha sê die 38-jarige man van Pietermaritzburg was na Doebaai onderweg.
The post Man vas oor tasse vol kontant appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.