
Die presidensie se woordvoerder, Bongani Ngqulunga, het weer President Jacob Zuma se versuim om die aanstelling van die SAUK-raad te bekragtig, verdedig.
Ngqulunga sê die president het eers al die inligting Vrydagmiddag 5 uur ontvang.
Die Parlement se kommunikasiekomitee het vroeër aangedui dat hy beide die vakbond BEMAWU en die sogenaamde SABC-Agt gaan vra om voor die komitee te verskyn nadat hy briewe van die twee partye ontvang het oor die stand van sake by die SAUK in die afwesigheid van ‘n raad.
Ngqulunga sê die kwessie geniet dringende aandag.
The post SAUK: Ngqulunga verdedig Zuma weer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.