
Die hof het pas verdaag in die moordsaak van die Johannesburgse sakeman, Jason Rohde, nog voordat die eerste getuie vir die staat geroep is.
Netwerk24 berig die forensiese patoloog, dr. Akmal Khan, sou oor foto’s van die moordtoneel getuig, maar die hof het tot more verdaag sodat die staat en verdediging die foto’s kan bestudeer.
Die vrou met wie Rohde erken het hy ‘n verhouding gehad het, gaan teen hom getuig in sy moordverhoor.
Rohde het eergister skuld ontken aan die moord op sy vrou, Susan, op die Spier-landgoed buite Stellenbosch in Julie verlede jaar.
Hy hou vol dat sy haarself opgehang het.
The post Rohde se moordsaak is verdaag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.