
Die R-503 wat Lichtenburg met Ventersdorp verbind, bly gesluit weens betogings oor dienslewering deur inwoners van die Blydeville-township in Noordwes.
Betogers het klippe na die polisie gegooi en rubberkoeëls is gebruik om die situasie te kalmeer.
Die gemeenskap sê hulle eise vir beter toegang tot water en begaanbare paaie val op dowe ore.
Nog polisielede is intussen in die gebied ontplooi. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Vroeër vanjaar het woedende inwoners dieselfde pad versper en ‘n polisievoertuig aan die brand gesteek.
The post R-503 gesluit weens betogings appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.