
‘n Vrou is na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg nadat sy baie ernstig beseer is toe sy twee vegtende hiënas probeer uitmekaar maak het op ‘n plaas in Gauteng.
Die vrou van in die vyftig is skynbaar ‘n hiëna-hanteerder van ‘n buurplaas.
Haar linkerhand is gedeeltelik afgebyt.
Paramedici op die toneel van ‘n vragmotorongeluk naby die Lanseria-lughawe het gehelp om ‘n mediese helikopter te ontbied om die vrou na die Milpark-hospitaal te neem.
The post Vrou in hospitaal weens twee vegtende hiënas appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.