
‘n Ondersoek deur die Universiteit van Pretoria toon dat die Kusile-kragstasie
in Mpumalanga 40 keer meer kan kos as die oorspronklike raming van R80 miljard.
‘n Doktorale student in Ekonomie, Nonophile Nkambule, sê die koste van die bouwerk is maar ‘n druppel in die emmer vergeleke met die algehele koste oor die verwagte lewensduur van 50 jaar.
Nkambule se ondersoek sluit die invloed in op bioverskeidenheid, lugbesoedeling, kweekhuisgasse, skade aan paaie en geraas- en watergehalte.
The post “Kragstasie kan meer kos” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.