
Duisende werkers het landswyd deelgeneem aan Cosatu en die SA
Kommunisteparty se betogings teen staatskaping, korrupsie en werkloosheid.
In Johannesburg is onomwonde gevra dat president Jacob Zuma moet bedank.
Cosatu se hoofsekretaris, Bheki Ntshalintshali, sê Suid-Afrika kan nie nog ‘n enkele dag met Zuma as staatshoof bekostig nie.
Betogers het hulle frustrasie uitgespreek oor vrese vir werksverliese en verswakkende lewensomstandighede.
Baie het die huidige ekonomiese toestand aan Zuma se swak leierskap toegeskryf.
‘n Lid van die ANC, Ronnie Nagel, sê hulle is gereed vir Cyril Ramaphosa om oor te neem.
In Kaapstad het betogers intussen versoekskrifte oorhandig aan die Passassierspooragentskap, Prasa, waarin ‘n beter diens van Metrorail geëis word, en by die provinsiale wetgewer aangedring op premier Helen Zille se bedanking
The post “SA kan nie nog ‘n dag met Zuma bekostig nie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.