Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

‘BLF se haatspraakgraffiti lynreg teen Grondwet’

$
0
0
‘BLF se haatspraakgraffiti lynreg teen Grondwet’

Die VF Plus het ʼn strafregtelike klag, sowel as ʼn klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak nadat lede van die Black First Land First (BLF)-beweging naamborde en geboue geskend het deur haatspraakgraffiti daarop aan te bring, sê Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes.

Groenewald sê BLF se kenmerkende haatspraak en rassehaatgedrewe-optrede in Ventersdorp gedurende sy Steve Biko-herdenkingsvieringe is verdelend van aard, skend goeie verhoudings tussen verskillende groepe in Suid-Afrika en druis lynreg in teen grondwetlike waardes.

“Hierdie optrede is nie net gelykstaande aan kwaadwillige saakbeskadiging nie, maar is haatspraak, omdat dit lede van ʼn spesifieke groep in Suid-Afrika teiken. Dit is ʼn blatante aanval en oorlogsverklaring teen witmense in Suid-Afrika en mag onder geen omstandighede toegelaat en ongestraf gelaat word nie.

“Ons het een van die mees gesofistikeerde grondwette in die wêreld wat elke individu van elke bevolkingsgroep in Suid-Afrika se menseregte en groepregte, soos die reg op die uitbou en bevordering van taal en kultuur, ten volle beskerm.

“Dit is die SAPD, die howe en instansies soos die MRK se plig om toe te sien dat die gees en strekking van die Grondwet toegepas en uitgebou word en daarom sal hulle teen die BLF moet optree,” sê Groenewald.

The post ‘BLF se haatspraakgraffiti lynreg teen Grondwet’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!