
Amerika, Sjina en Rusland het Noord-Korea se jongste missieltoets veroordeel.
Dit is egter nie duidelik of hulle eersdaags op ‘n spesiale sitting van die Veiligheidsraad oor ‘n gesamentlike teenoptrede teen Noord-Korea sal saamstem nie.
Amerika wil hê Sjina en Rusland moet regstreeks teen Noord-Korea optree, maar Sjina sê dit sal nie die krisis oplos nie.
The post Noord-Korea se missieltoets veroordeel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.