Die Suid-Afrikaanse regering het by die internasionale gemeenskap aangesluit en die vlaag ontploffings in dorpe en stede in die suide van Thailand veroordeel.
Minstens vier mense is dood en tientalle beseer in aanvalle op toeriste bestemmings in Trang, Surat Thani, Hua Hin en Phoeket.
President Jacob Zuma sê in ‘n boodskap aan die koning van Thailand, Bhumibol Adulyadej dat Suid-Afrika alle vorms van terreur veroordeel en Thailand en sy mense in die moeilike tyd ondersteun.
The post SA regering veroordeel vlaag ontploffings in Thailand appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.