
Die reklamemaatskappy, Bell Pottinger se Britse afdeling is onder administrasie geplaas nádat die maatskappy ernstige finansiële verliese gelei het.
Dit volg na sy veldtog in Suid-Afrika namens die omstrede Gupta-familie.
Die administrateurs, B.D.O., sê Bell Pottinger moes duur betaal vir sy veldtog om rassespanning aan te blaas en die maatskappy het kliënte, vennote en
werknemers verloor.
Die maatskappy is ook uit Brittanje se Vereniging vir Skakel- en Kommunikasiemaatskappye geskop.
Die DA het vroeër `n klag by die vereniging ingedien en daar is bevind dat die maatskappy se veldtog in Suid-Afrika rasseverdeeldheid aangehits het.
The post Bell Pottinger se Britse afdeling onder administrasie geplaas appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.