
Die Vrystaatse onderwysdepartement ondersoek ’n rits klagtes, waaronder
intimidasie, nepotisme, nalatigheid, wanbesteding van koshuisgeld en ’n gespanne atmosfeer onder sy leiding teen ‘n skoolhoof van Petrusburg.
Netwerk24 berig die spanning is glo so erg onder die skoolhoof van die Hoërskool A.J.C. Jooste, Jan Prinsloo, dat twee onderwysers in die Optima-psigiatriese hospitaal in Bloemfontein opgeneem is.
Prinsloo, wat ná ses maande se verlof weer op 1 September begin werk het, wou nie op die bewerings reageer nie.
Die onderwysdepartement se woordvoerder, Howard Ndaba, het bevestig dat die klagte teen Prinsloo ondersoek word.
The post Rits klagtes teen skoolhoof van Petrusburg appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.