
Die Vryheidsfront Plus sê al hoe meer riool beland in die Wilgeriver in die noordooste van die provinisie, en dan in die Vaaldam.
Die party se Vrystaatse Wetgewerlid, Wouter Wessels het in die Vrystaatse Wetgewer gesê vandalisme, swak bestuur deur die Mafube-munisipaliteit en
waterpompe wat nie onderhou word nie, het die situasie vererger.
Hy sê miljoene mense in Gauteng is afhanklik van skoon water in die Vaaldam.
Wessels sê die VF Plus eis dat die nasionale Minister van Waterwese stappe doen om die besoedeling aan te spreek.
Hy sê klagtes gaan gelê word teen die Mafube-munisipaliteit.
The post Riool beland in die Vaaldam appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.