
Steve Biko se seun, Nkosinathi, sê die anti-apartheidsaktivis sou diep teleurgesteld gewees het oor die toestand waarin Suid-Afrika vandag verkeer.
Die leier van die Swart Bewussynsbeweging is vandag veertig jaar gelede in polisie-aanhouding dood.
Die 46-jarige Nkosinathi het aan The Times in Brittanje gesê 23 jaar nadat die land se eerste swart meerderheidsregering aan bewind gekom het, is geleenthede tot hervorming deur die ANC verongeluk.
Hy was net ses toe sy pa op 12 September 1977 in Pretoria dood is op dertigjarige ouderdom.
The post “My pa sou teleurgesteld gewees het in die nuwe SA” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.