
‘n Forensiese ondersoek gaan na verwagting dié week begin om vas te stel hoe ‘n bedrag van R14 miljoen per ongeluk in die rekening van ‘n Oos-Kaapse student inbetaal is.
Sibongile Mani moes R1400 van die Nasionale Studente-finansiële skema ontvang.
Die Walter Sisulu-universiteit en die fonds is onskuldig bevind, maar die administrateur, IntelliMali, word steeds ondersoek.
IntelliMali het intussen die R818 000 aan die inrigting terug betaal wat Mani uitgegee het.
The post Saak van R14 miljoen in student se rekening word ondersoek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.