
Die gemeenskap van Zwartwater naby Komani in die Oos-Kaap het saamgespan om die regskoste te betaal van ‘n 55-jarige vrou wat daarvan aangekla word dat sy ‘n man doodgesteek en twee ander beseer het wat na bewering haar 27-jarige dogter verkrag het.
Die inwoners glo sy het uit selfverdediging opgetree.
Die vrou is vroeër borgtog van R500 toegestaan nadat sy van moord en poging tot moord aangekla is.
Die twee gewonde mans is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.
The post Gemeenskap betaal vrou se regskoste appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.