
Twee paaie na die Wes-Kaapse kusdorp Kleinmond was oornag gesluit nadat
sowat 300 betogers dit met brandende motorbande versper het.
Provinsiale verkeershoof Kenny Africa het motoriste aangeraai om ander roetes te gebruik aangesien die strate met rommel en gebreekte glas besaai is.
Betogings het einde verlede maand ook op die dorp losgebars oor die toekenning van munisipale tenders.
The post Paaie na Kleinond gesluit weens betogings appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.