Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Bejaarde pasiënt val uit hospitaalbed, lê hele nag op vloer

$
0
0

Die Vryheidsfront Plus het sy skok uitgespreek nadat ʼn bejaarde hoësorg-pasiënt in die staatshospitaal op Belfast Vrydagaand uit sy bed geval en feitlik die hele nag op die vloer gelê het.

“Dit is onaanvaarbaar en die VF Plus sal by dié provinsie se minister van gesondheid op ʼn antwoord aandring,” sê Werner Weber, leier van die VF Plus in Mpumalanga.

Hennie de Beer (76) het Vrydagaand uit sy bed geval en moes hy feitlik die hele nag op die vloer lê.

Personeel het die saal waarin hy gelê het, glo eers Saterdagoggend besoek en hom op die vloer aangetref.

De Beer is na ʼn ander kamer verskuif, maar sy drip is nie teruggeplaas nie en daar was ook nie suurstof wat hy benodig nie.

Die drip is eers die middag weer teruggeplaas.

“Toe De Beer se seun, Hennie de Beer jnr, by die hospitaal navraag gedoen het oor die voorval, is hy hardhandig uit die hospitaal verwyder en daarvan beskuldig dat hy ʼn rassis is.

Weber sê die VF Plus sal die saak nie daar laat nie.

“Wat met (met De Beer) gebeur het, getuig van skokkende swak diens deur die personeel wat lewensgevaarlik is vir alle pasiënte, wit en swart.”

“Die saak sal nie daar gelaat word nie, en die VF Plus sal by die provinsie se minister daarop aandring dat dit ondersoek word,” sê Weber.

Verklaring

The post Bejaarde pasiënt val uit hospitaalbed, lê hele nag op vloer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!