
‘n Noodtoestand is afgekondig in die Amerikaanse staat Florida ná die orkaan Irma tot ‘n kragtige kategorie vier storm versterk het.
Die orkaan kan verskeie Karibiese eilande, insluitend Puerto Rico tref voor dit Florida bereik.
Dié storm woed terwyl inwoners van Texas en Louisiana nog herstel van die uitwerking van orkaan Harvey wat swaar reën en wydverspreide oorstromings tot gevolg gehad het.
Irma stuur op die oostelike Karibiese streek af en sal die land na verwagting
teen môre bereik.
The post Orkaan Irma op pad Florida toe appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.