
Die saak van ‘n Bloemfonteinse prokureur wat na bewering ‘n vrou met sy
bakkie middeldeur gery het, sloer omdat die staat steeds wag op ’n kundige se
verslag oor die ongelukstoneel.
Netwerk24 berig die 36-jarige Cobus Bredenkamp het gister vlugtig in die verkeershof verskyn op aanklagte van strafbare manslag en dat hy nie stilgehou het op ’n ongelukstoneel om hulp aan die slagoffer te verleen
nie.
Volgens die staatsaanklaer benodig die staat ’n verdere ses weke omdat die
volledige verslag van die ongelukstoneel nog nie ontvang is nie.
Die saak is tot middel Oktober uitgestel.
The post Vrou doodgery: Prokureur in hof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.