![Ntuli-Zuma kan moontlik vervolg word](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-465.png)
Suid-Afrika se eerste dame, Nompumelelo Ntuli-Zuma kan moontlik binnekort vervolg word omdat sy glo president Jacob Zuma in 2014 probeer vergiftig het.
Zuma het haar toe uit Nkandla uitgeskop, waarna die voorval deur die Valke ondersoek is.
Die ondersoek is intussen voltooi en gaan dié liggaam binnekort aan die nasionale vervolgingsgesag oorhandig word wat vandaar ‘n besluit sal neem oor of Ntuli-Zuma van poging tot moord gaan aankla sal word.
Mediaberigte dui daarop dat Ntuli-Zuma binne die volgende paar weke in hegtenis geneem kan word omdat sy glo haar man vergiftig het.
President Jacob Zuma het vroeër by ‘n ANC-vergadering in Kwazulu-Natal gesê dat hy reeds drie pogings om hom te vergiftig, oorleef.
The post Ntuli-Zuma kan moontlik vervolg word appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.