Die Speaker van die Vrystaatse Wetgewer, Mamiki Qabathe het buite die hof geskik nadat dié Demokratiese Alliansie ‘n aansoek tot hofbevel gedoen het om haar te dwing om ‘n reëls- en ordekomiteevergadering te hou.
![rosestad-100-6-nuus-mamiki-qabathe-hofbevel-da-roy-jankielsohn](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Mamiki-Qabathe-Hofbevel-DA-Roy-Jankielsohn.jpg)
Die hofbevel in die Vrystaatse Hooggeregshof deur Regter KJ Moloi
![roy jankielsohn 3](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/roy-jankielsohn-3-150x150.jpg)
DA-leier in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn
Ingevolge’n ooreenkoms tussen Qabathe en die DA en ‘n hofbevel in die Vrystaatse Hooggeregshof deur Regter KJ Moloi, moet sy gereëlde vergaderings van die komitee hou.
Sy is ook aanspreeklik vir die DA se regtkoste in die bevel.
Die Reëls- en Ordekomittee moet ingevolge die bevel kwartaalliks gehou word.
Die DA se aansoek kom na die voortslepende gebrek aan vergaderings deur die komitee, wat die Wetgewer volgens die party disfunksioneel gemaak het.
DA-leier in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, sê die party sal nie toelaat dat die Wetgewer net nog ‘n verlenging van die Vrystaaste premier, Ace Magashule word nie.
“Ons sal nie huiwer om die howe te gebruik indien alle interne prosesse uitgeput is nie,” sê Jankielsohn.
Intussen het die komitee reeds op 26 Augustus vergader en nog ‘n vergadering is vir Vrydag geskeduleer.
Armand Cloete het met Jankielsohn gepraat. Luister potgooi:
The post VRYSTAAT SPEAKER SKIK NA DA-AANSOEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.