![Verdagtes met polisietoerusting aangekeer](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-451.png)
Vyf mans is in hegtenis geneem en beslag is gelê op polisietoerusting, waaronder vuurwapens, na samewerking tussen die AfriForum-Noord Buurtwag, ‘n sekuriteitsmaatskappy en die polisie in Bloemfontein.
AfriForum se streekskoordineerder, Pieter Myburg, sê die arrestasies volg op ‘n wenk Woensdag deur die publiek.
Myburgh sê twee verdagte voertuie is buite ‘n inkopiesentrum in Navalsig opgemerk en die ITR-sekuriteitsmaatskappy en die polisie is op gereedheid geplaas waarna die mans aangekeer is.
Beslag is ook gelê op polisie-radio’s, baadjies, blou-ligte en messe.
Die verdagtes word glo gesoek vir verskeie misdade, waaronder diefstal van polisietoerusting.
The post Verdagtes met polisietoerusting aangekeer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.