![DOODSKIS-VOORVAL: VERHOOR BEGIN IN MAART](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gf-53-150x150.png)
Uitspraak sal vandag gelewer word in die sogenaamde doodskis-saak tydens ‘n sitting van die hooggeregshof in die Middelburg-landdroshof.
Willem Oosthuizen en Theo Jackson word daarvan beskuldig dat hulle die plaaswerker, Victor Mlotshwa, aangerand het.
Die twee staan tereg op aanklagte van ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot moord en die besit van ‘n onwettige vuurwapen nadat hulle Mlotshwa in ‘n doodskis ingedwing het.
‘n Video van die voorval is op sosiale media versprei en het groot woede plaaslik en internasionaal ontlok.
The post Uitspraak sal gelewer word in doodskis-saak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.