![Kaapstad is SA se moord-hoofstad](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/murder-4.jpg)
Die Wes-Kaapse minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, sê ‘n verslag wat Kaapstad identifiseer as Suid-Afrika se moord-hoofstad behoort ‘n wekroep te wees vir die nasionale polisiebestuur.
Hy meen dringende ingryping is nodig om die polisie in die provinsie behoorlik van bronne te voorsien.
Volgens die verslag oor stedelike veiligheid het die Moederstad ook die hoogste syfer van aangemelde rooftogte en eiendoms-misdaad van nege stede in die land.
The post Kaapstad is SA se moord-hoofstad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.