Die Vryheidsfront Plus sê die landwye vlaag van plaasaanvalle en -moorde
maak dit toenemend ‘n saak van dringendheid dat boere moet aansluit en inskakel by landbou-unies se veiligheidstelsels.
Dit volg nadat vier mense die naweek tydens plaasaanvalle vermoor is.
Die party sê in ‘n verklaring statistiek van die TLU SA dui daarop dat daar vandeesmaand reeds 23 aanvalle was waarin ses mense dood is, en dat daar die afgelope jaar 277 aanvalle was waarin 55 mense dood is.
Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald sê hy sal die regering nader om finansiële ondersteuning te gee aan landbouorganisasies se ondersteuningstelsels vir boere, aangesien die polisie se landelike veiligheidsplan duidelik nie die mas opkom nie.
The post “Boere moet by landbou-unies se veiligheidstelsels aansluit” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.