
Die Lions-flank, Kwagga Smith, is vir vier weke geskors as gevolg van die rooikaart wat hy Saterdag in die Superrugby-einstryd teen die Crusaders ontvang het.
Smith het kontak gemaak met die bene van die heelagter, David Havili, terwyl dit in lug was toe hy ʼn hoë skop opgevolg het.
Havili het op sy nek te lande gekom, maar is nie ernstig beseer nie.
Die Lions het 25-17 verloor terwyl die Crusaders hulle agtste Super-titel verower het.
The post Smith vir 4 weke geskors appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.