
Die Hooggeregshof in Middelburg het getuienis aangehoor dat Victor Mlotshwa R2000 kontant van sy ma verloor het toe hy verlede jaar op ʼn plaas aangerand en in ʼn doodskis geboender is.
Lonea Mlotshwa het getuig dat sy haar seun voor die aanval met dié geld na ʼn winkel toe gestuur het.
Willem Oosthuizen en Theo Martins Jackson staan tereg in die saak wat voorblaaie gehaal het toe ʼn video aan die lig gekom het wat toon hoe ʼn angsbevange Mlotshwa in ʼn doodskis ingedwing word.
The post Doodskis-saak: Slagoffer het R2000 verloor tydens aanval appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.