
Duisende mense sal na verwagting vandag aan landswye protesoptogte deelneem terwyl die Parlement voorberei om ʼn mosie van wantroue in president Jacob Zuma te debatteer.
Die grootste optogte word vir Kaapstad beplan waar ANC-lede hulle steun vir die president sal toon, terwyl diegene wat hom van korrupsie en die bevordering van staatskaping beskuldig sy kop sal eis.
Intussen word verskeie dele van Gauteng vanoggend geteister deur gewelddadige protes en die Metropolisie sê hulle moet bontstaan.
Hulle het ʼn beroep op motoriste gedoen om dié gebiede te vermy.
Padversperrings is na wat berig word opgerig in die suidelike en sentrale dele van Johannesburg, dele van Ekurhuleni en gebiede soos Atteridgeville in Pretoria.
Ooggetuies sê van die protesaksies gaan oor ʼn gebrek aan dienslewering terwyl ander beweer dit is die begin van die betogings teen Zuma.
The post Landswye protesoptogte teen Zuma appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.