
‘n Vyfde verdagte het homself aan die polisie in Sinoville oorgegee in verband met ‘n beweerde rassevoorval by KFC.
Die voorval het verlede Woensdag by ‘n KFC-tak noord van Pretoria plaasgevind.
Op ‘n video op sosiale media kan gesien word hoe ‘n swart paartjie deur ses wit mans in Montana aangeval word.
Vier van die verdagtes is in hegtenis geneem en een is op borgtog vrygelaat.
Volgens die polisie sal die vyfde verdagte na verwagting môre in die Pretoriase landdroshof verskyn om aansoek te doen om borgtog.
The post Rassevoorval: 5de verdagte gee homself oor appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.