
Ten minste elf aanbidders is gister in ʼn kerk in die suidooste van Nigerië doodgeskiet.
Die owerhede sê die aanval volg ná ʼn plaaslike vete op Ozubulu naby die stad Onitsha.
Die Nigeriese president, Muhammadu Buhari, het die aanval veroordeel en as onbeskryflike ontheiliging bestempel.
Volgens ooggetuies het vyf gemaskerde gewapende mans die kerk bestorm, maar die polisie hou vol daar was net een aanvaller.
The post Nigerië: 11 doodgeskiet in kerk appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.