Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Opposisiepartye gaan vergader

$
0
0
BALEKA MBETE HOFAANSOEK VAN DIE HAND GEWYS

Opposisiepartye sal vanmiddag in Kaapstad vergader om hul strategie te bespreek vóór die parlementêre speaker, Baleka Mbete se aankondiging van haar besluit of die stemming in môre se debat oor die mosie van wantroue in president Jacob Zuma geheim sal wees.

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa sê daar is ʼn moontlikheid dat die opposisie ʼn geregtelike oorsig sal versoek indien hulle nie tevrede is met die redelikheid van die speaker se besluit nie.

Intussen sê die uitgesproke ANC-LP, Makhosi Khoza, ʼn stem vir die mosie van wantroue is nie ʼn stem teen die ANC nie.

Dit is ʼn stem teen, wat sy beskryf as, die kleptokrasie wat Zuma doelbewus bevorder het en ʼn stem teen korrupsie.

Khoza het bygevoeg dat dit vir ʼn lojale ANC lid nie eenvoudig is om ʼn teenstem uit te bring nie, want die straf vir diegene in die party wat hul by die opposisie skaar sal vinnig en duur wees.

The post Opposisiepartye gaan vergader appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!