Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Alles wat jy moet weet van Ek Lief die Vrystaat 2017

$
0
0
Rosestad 100.6 Ek love die Vrystaat 2017 18 19 Aug

‘EK LIEF DIE VRYSTAAT’ trek vanjaar ‘n nuwe baadjie aan en oudergewoonte kry jy die geleentheid om jou gunsteling sangers alleen op die verhoog te sien vanaf 11:00 tot 23:00 met 16 van die land se topkunstenaars wat vertonings in die arena van die Bloem Skougronde sal lewer.

Die tye wat die kunstenaars Saterdag 19 Augustus sal optree is:
• 11:00 – Appel,
• 11:25 – Liezel Pieterse,
• 12:55 – Adam,
• 13:25 – Willem Botha,
• 14:00 – Blackbyrd,
• 14:30 – Leah,
• 15:05 – Emo Adams,
• 15:50 – Andriette,
• 16:20 – Lianie May,
• 16:40 – Jay & Lianie,
• 16:55 – Jay,
• 17:30 – Kurt Darren,
• 18:10 – Snotkop,
• 18:55 – Bobby van Jaarsveld,
• 19:45 – Juanita du Plessis,
• 20:40 – Bok van Blerk, en
• 21:30 – Steve Hofmeyr.

Kry jou kaartjies hier

Die EK LIEF DIE VRYSTAAT kaartjies is aanlyn beskikbaar by Computicket of by Money Market-toonbanke by Checkers, Checkers Hyper, Shoprite en OK.

Kaartjies sal ook by die hekke verkoop word (behalwe vir die BBP-Funksie).

Die kaartjie opsies waarvan jy kan kies is:
• R100 piekniek area met eie kombers en/of stoel
• R150 onbespreekte pawiljoen sitplekke
• R280 silwer sirkel
• R450 goue sirkel
• R1000 BBP Funksie en konsert
• R150 Ek smaak die Vrystaat

Click to view slideshow.

Skattejag

Die EK LIEF DIE VRYSTAAT SKATTEJAG vind plaas vanaf 9:00 tot 14:00 OP 19 Augustus.

Hier is die program van die kunstenaars:
• 09:00 – 10:00 APPEL, LIEZEL PIETERS en EMO ADAMS
• 10:00 – 11:00 BOBBY VAN JAARSVELD, WILLEM BOTHA en ADAM
• 11:00 – 12:00 LEAH, BOK VAN BLERK, LIANIE MAY
• 12:00 – 13:00 JAY, KURT DARREN, SNOTKOP, BLACKBYRD
• 13:00 – 14:00 JUANITA DU PLESSIS en ANDRIETTE

20 000 Skattejagkaarte word versprei in Volksblad en kan ook gedruk word vanaf Radio Rosestad se webtuiste.

Plaas die afskeurstrokie in die houers by die Coke stalletjies by Bloem Skougronde.

Die gelukkige trekking vind plaas om 18:50. Groot pryse kan gewen word.

BBP-FUNKSIE

Weereens bied Ek lief die Vrystaat Eksklusiewe ‘n konsert en kuieraand met 10 van jou gunsteling kunstenaars.

Gaste word getrakteer met ligte versnaperinge en heerlike wyn, terwyl die kunstenaars optree en saam met die gaste vir ‘n uur vertoef vir fotogeleenthede.

Die Fiesta kameraspan sal die funksie bywoon en met van die gaste onderhoude voer.

Hierdie is ‘n geleentheid wat niemand moet mis nie.

Die BBP gaste se kaartjie sluit ook BBP sitplekke reg voor die verhoog tydens Saterdag se vertonings in asook toegang tot die SMAAK-die-Vrystaat.

Smaak die Vrystaat

Kom prikkel jou sintuie op 18 Augustus by EK SMAAK DIE VRYSTAAT op die vooraand van EK LIEF DIE VRYSTAAT-FEES.

Kaartjies vir hierdie geleentheid kos R150 by Computicket en sluit 16 proe-geleenthede in.

As jy verlang na ouma se warm kombuis, mag jy nie hierdie geleentheid misloop nie. Dit begin laatmiddag by die Bloem Skougronde.

Daar sal stalletjies met verskeie handgemaakte items wees, asook ‘n koektuin en biertent en speelpark vir die kinders.

Cheetah-bewusmaking

EK LIEF DIE VRYSTAAT SKATTEJAG ondersteun ook vanjaar die ‘RUNNING WILD CONSERVATION’ inisiatief met ‘n bewusmakingsveldtog oor die Cheetah’s wat besig is om uit te sterf.

Daar is 300 houtlegkaarte gedruk waarvan die stukke versprei by die SKATTEJAG KUNSTENAARS. Die leidrade van waar presies die legkaartstukke tydens die skattejag bymekaargemaak kan word sal op die FB blad van Running Wild Conservation deurgegee word.

Daar is 2 aande verblyf ter waarde van R16 000 op die spel by ‘n ‘Umzo-lozo-lo Private Safari Lodge’, ‘n 5 ster fassiliteit in Kwazulu Natal.

Drie etes per dag word ingesluit sowel as 2 wildsritte per dag.

Die prys sluit reiskostes uit en bepalings en voorwaardes geld.

The post Alles wat jy moet weet van Ek Lief die Vrystaat 2017 appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!