![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-288-150x150.png)
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ʼn nuwe hofaansoek ingedien teen die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se verslag oor die apartheidsera Bankorp-reddingsboei.
Die aansoek is afsonderlik van die een wat handel met ʼn dringende hersiening van haar aanbeveling dat die Parlement die Grondwet ten opsigte van die Reserwebank se magte moet wysig.
Dié aansoek het Dinsdag voor die Gauteng-Noord Hooggeregshof gedien.
Die sentrale bank wil nou hê die hof moet die opdrag wat volgens die openbare beskermer aan die Spesiale Ondersoekeenheid en die SAID uitgereik is, hersien en ter syde stel.
Dié opdrag behels dat daar ʼn aksieplan ten opsigte van die uitvoering van haar aanbevelings aan haar voorsien moet word.
The post SA Reserwebank dien hofaansoek in teen OB appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.